Kultuur / Culture

Talentbosch 2019

Die MAD (music, art and drama) komitee het die vier groot Stellenbosch skole genader vir ‘n talent-kompetisie. Dinsdag 16 April en Donderdag 18 April het leerders van Hoërmeisieskool Bloemhof, Rhenish Girls High, Hoërskool Stellenbosch en Paul Roos Gimnasium in die Japie Krige kom oudisie doen. Die tien beste items is gekies. Die items was ‘n kombinasie van dans, sang en Paul Roos Gimnasium se Drumline.

Donderdag 25 April om 19:00 was dit tyd vir die deelnemers om hul talente tydens Talentbosch te wys. Hulle het gekompeteer vir R3 000 in geskenkbewyse van Heuer. Eerste, tweede en derde prys was onderskeidelik R1 500, R1 000 en R500 met ‘n bonus prys: ‘n Studio Recording Session by Sunset Studios vir die beste musiekitem van die aand! PRG-TV was natuurlik daar om die hele geleentheid af te neem.

Die wenner is gekies deur ‘n kombinasie van die beoordeelaars en die gehoor se stemme. Die derde prys het gegaan aan Ninke Theron van Hoërskool Stellenbosch. Die tweede prys aan Suné Pieterse van Rhenish. Die wennner wat beide die eerste prys  en beste musiek-item van die aand opgeraap het, was Paul Roos se eie Francois du Toit.

Francois du Toit

Pryswenners

Die vier beoordelaars was Regardt de Beer (old boy en vorige Paul Roos Gimnasium-onderwyser), Inandi Smit (Laerskool Rhenish), Carl Pilkington (Rhenish Girls High) en Leon Piron (Bloemhof).