Kultuur / Culture

Toneel 2013 – 2017

2013: STER

Met die skryf en regie talente van die bekroonde Esther von Waltsleben verower die nuwe teks STER die beste produksie beker by Klein Libertas tienertoneelfees in 2013.

2014: WAG

In 2014 pak die toneelspan die absurde teaterstuk WAG (Vasgevang in ‘n droom) aan waar vele goue sertifikate gewen word asook die prys vir beste ondersteunende akteur, Hardus van Staden by die Klein Libertas tienertoneelfees asook Namakwaland tienertoneelfees en beste akteur vir Thys Sutherland by die laasgenoemde fees.  Die produksie dring deur na die streeksfinaal van die ATKV teinertoneelfees.

Luke White verower die trofee vir Beste Junior akteur vir sy deelname aan die kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge onder lyding van Mnr Opperman en Mev von Waltsleben.

2015: Mullets en Mohawks

In 2015 sien die toneelspan kans vir ‘n lawwe herlewing van 1980 en 1990 tv programme met die komedie Mullets en Mohawks.

 

2016: VLUG

2016 dring Paul Roos deur tot die ATKV toneelkompetisie se finaal tydens Aardklop in Potchefstroom met die drama VLUG waar Hardus van Staden die teokenning as beste akteur verower op nasionale vlak.

Thomas Winter ‘n gr9 leerder word na sy optrede in VLUG gesien en word die hoofrol in “Poteister Sweis nie” aangebied, ‘n kort film vir die kykNET filmfees.  Hy gaan om daarna ook in “Onder die Suiderkruis”, ‘n tv reeks vir SABC 2 te speel.

2017: Die Prada Prins

2017 sien die Paul Roos “band” wat aansluit vir hierdie jaar by die toneel groep met ‘n produksie wat laat gil en juig van genot.  Almal geniet die spektakel van Die Prada Prins, Paul Roos Gimnasium se weergawe van Die Koning se nuwe klere.  Hul dring deur na die streeks finaal van ATKV end it is eens as die gehoor gunsteling.