Algemene Nuus / General News

Uitslae Kwartaal 2-2023 – Multi-dissiplines

Benjamin van Onselen ( Gr. 12  A 5)

Benjamin het die onder 19 Wes-Kaap Provinsiale Moderne Vyfkampspan by die 2023 SA moderne vyfkamp kampioenskappe in Bloemfontein verteenwoordig en die goue medalje verower .

Die vyf dissiplines is: Hindernisbaan, skerm, 200m swem en gekombineerde pistoolskiet X 4 keer en hardloop 600 m X 5 keer.

Wilan Basson (Gr.11A3 )

Wilan is gekeur om die SA Presidentspan (Nasionale B-span) in die senior mans-ope afdeling te verteenwoordig by die 2023 Statebond Lewensredding Spele wat van 13 tot 17 September 2023 in Windsor Kanada plaasvind.