Debat / Debating

Valentynsdagdebat

Op Donderdag, 14 Februarie het Paul Roos en Bloemhof weer hul jaarlikse Valentynsdagdebatte oor die liefde  gevoer. Die junior span bestaande uit Jordan, Dirkie en Joshua Shliebler  het naelskraap teen Bloemhof verloor nadat hulle oortuigend aangevoer het dat dit beslis nie oudmodies is om romanties te wees nie. Die R35 se Valentynsdagrose is telkens as voorbeeld deur beide spanne gebruik!

Die senior span bestaande uit Jacques, Jean en Mihan het op grond van “ervaring”  bely dat ” Liefde nie ‘n wilsbesluit is nie”. Hulle het ‘n heftige debat gevoer en is uiteindelik as die wenners aangewys. Nicolas Rust was ‘n uitstekende Voorsitter en Ruan Hanekom die tydhouer.

Jacques Botma, Jean du Plessis, Mihan van Zyl Senior debat