Wêreldkennisolimpiade – Justin Cowley, Gr. 10 presteer
Die Wêreldkennisolimpiade is ‘n jarelange nasionale olimpiade vir graad 6-12 leerders in Suid-Afrikaanse skole. Die doel van die Olimpiade is om die algemene kennis van leerders te toets. Daar het vanjaar 23 000 leerders aanlyn oor twee rondtes deelgeneem. Justin Cowley van Paul Roos Gimnasium was nasionaal tweede in graad 10 en behalwe ‘n sertifikaat, wen hy R600.