Algemene Nuus / General News

Wes-Kaap Provinsiale Moderne Vyfkamp Kampioenskappe

Op die foto is Benjamin van Onselen ( Gr. 12) wat op Saterdag 11-03-2023 die goue medalje verwerf het in die seuns onder 19 ouderdoms groep by die 2023 Wes-Kaap Provinsiale Moderne Vyfkamp Kampioenskappe bestaande uit die volgende 5 dissiplines  van ‘n (1) hindernisbaan(2) skerm,(3) swem en gekombineerde (4)  laserpistoolskiet en (5) hardloop.

Benjamin het ook gekwalifiseer deur die vereiste aantal totale punte te bereik om die Wes-Kaap Provinsiale span te verteenwoordig by die SA Nasionale Moderne Vyfkamp en Vierkamp Kampioenskappe vanaf 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein.

Die foto toon vir Adriaan de Waard wat ‘n goue medalje verwerf het in die onder 17 ouderdomsgroep by die Wes- Kaap Provinsiale Moderne Vyfkamp Kampioenskappe op Saterdag 11-03-2023 waar hy die volgende 5 dissiplines gedoen het:(1) Hindernisbaan,(2) skerm ,(3) swem en gekombineerde (4) laserpistoolskiet en (5) hardloop.

Adrian het ook hier gekwalifiseer deur die vereiste aantal totale punte te bereik vir keuring tot toelating tot deelname  aan die SA Nasionale Moderne Vyfkamp Kampioenskappe van 7 tot 8 April 2023 in Bloemfontein.