Koor / Choir

World Choir Games

Wêreldkoorspele…hoe sou ‘n persoon vyf jaar gelede gereageer het as hy of sy moes hoor dat Paul Roos Gimnasium se koor op internasionale vlak gaan deelneem?

Die koor van 2018 het gedurende die vakansie almal se verwagtinge oortref met ‘n sielverkwikkende uitvoering op Unisa se verhoog in Pretoria.
Paul Roos se koor van 60 lede is ingeskryf onder die Kampioenekategorie, wat impliseer dat die koor blootgestel is aan die hoogste moontlike vlak van kompetisie tussen seunskore in die wêreld.

Die koor het ’n silwer medalje met ‘n uitstekende puntetelling van 79.1 behaal – wat vir die koor ‘n algehele derde plek in dié kategorie verseker het.

Unisa se verhoog is so terloops die een waarop Paul Roos sy titel in 2014 as “Beste minder ervare seunskoor in Suid Afrika” verwerf het. So kan ons die vordering van die gehalte van die koor, wat soos ‘n saadjie ontkiem en groei, waarneem.

Buiten die optrede, het die koor die geleentheid gehad om Gold Reef City te besoek. Verder was daar opwindende spanbou-aktiwiteite, goeie akkommodasie en lekker atmosfeer van samehorigheid. Die manne het ‘n verrykende ervaring gehad te danke aan die betrokke personeellede se omgee en entoesiasme. Mnr. Bezuidenhoudt, mnr. Strydom, me. Kroukamp en me. Du Preez het baie moeite gedoen om hierdie onvergeetlike toer moontlik te maak.

–  Francois du Toit –