ATKV Debat 2022
Die eerste seniorspan het in die finaal teen Affies in Buffelspoort oor die onderwerp: “Pleknaamsverandering bevorder versoening in SA”, gepraat.
Wihan Meyer en Jordan Cridland het uitstekend gevaar om 4de in SA te eindig.
Die eerste juniorspan het ook teen Affies gedebatteer en Christiaan van der Merwe, Ian Lubbe en Rossouw van Niekerk het koelkop oor: “Gaming-gewoontes van tieners moet deur wetgewing gereguleer word”, geredeneer om tweede nasionaal te eindig.
Absoluut briljant om vir die eerste keer in PRG se debatsgeskiedenis twee spanne in die finaal te hê en dan nog boonop met die vierde en tweede plek weg te stap.