Missie / Mission

Visie / Vision

Om‘n leidinggewende, gerespekteerde en relevante seuns hoërskool vir Suid Afrika te wees.

To be a leading, respected and relevant boys’ high school for South Africa.

Missie / Mission

Die visie sal bereik word deur: / The realisation of the vision will be achieved by:

  • Professionele onderrig van die hoogste gehalte om leerders toe te rus met die akademiese kennis en lewensvaardighede wat uitnemendheid en sukses in die samelewing verseker.
    Providing the best professional teaching to equip learners with academic knowledge and life skills in order to ensure excellence and success in society.
  • Onderrig in die medium Afrikaans en Engels.
    Teaching through the medium of Afrikaans and English.
  • ’n Gebalanseerde benadering tot akademie, kultuur- en sportaktiwiteite.
    Maintaining a balanced approach to academic, cultural and sporting activities.
  • ’n Erekode gebaseer op Christelike waardes.
    Basing the school’s code of honour on Christian values.
  • ’n Strewe na die ontwikkeling van elke individuele leerder se volle potensiaal.
    Striving to develop each learner’s full potential.
  • ’n Fokus op die vestiging van die konsepte van self-verantwoordelikheid en lewenslange leer.
    Focusing on establishing the concepts of self-actualisation, accountability and life-long learning.
  • Die bevordering van uitnemendheid op alle gebiede.
    Promoting excellence in all areas.
  • Die beklemtoning van suksesse wat gereflekteer word in die prestasies van sy leerders, alumni en personeel, binne en buite skoolverband.
    Highlighting successes reflected in the achievements of its learners, alumni and staff within, as well as outside, school.
  • Die positiewe betrokkenheid van die hele gemeenskap.
    Involving the entire community positively.
  • Die navolging van bewese bestuurspraktyke om ’n professionele diens te verseker.
    Implementing proven management practices to ensure professional service.

Erekode | Honour code

Erekode

Uit diepe dankbaarheid aan, en in nederige erkentlikheid teenoor my Skepper vir die gawes aan my gegee uit genade, onderneem ek hiermee plegtig om:

Hierdie toekenning van vol-, half-, of erekleure deur die Paul Roos Gimnasium te alle tye te beskou, as ‘n besonderse hoë eer en voorreg wat my te beurt geval het;

‘n Volgehoue en ‘n gesonde belangstelling in die besondere aktiwiteit te handhaaf en sodoende deur my voorbeeld dit uit te bou en ook andere aan te moedig tot deelname;

Hierdie toekenning te respekteer deurdat my gedrag en optrede te alle tye só sal wees dat dit die goeie naam van my alma mater, Paul Roos Gimnasium nooit sal skaad nie en dat dit nooit afbreuk sal doen aan die hoë standaard van hierdie toekenning nie.

Code of honour

With deepest gratitude, and in humble acknowledgement of the talents bestowed on me by the grace of God, I hereby solemnly undertake the following:

To always regard this award of full-, half-, or honorary colours by Paul Roos Gymnasium as a special honour granted me;

To nurture a sustained healthy interest in this activity, and in so doing, to promote it and encourage others to participate;

To respect this award in terms of my behaviour, which will at all times be to the credit of my alma mater, Paul Roos Gymnasium and at all times do justice to the merit of this award.