Gr 8-Knoopseremonie 2026
Elke graad 8-leerder het vandag ‘n baadjieknoop vanaf ‘n matriekleerder ontvang. Dit simboliseer dat die Paul Roosers almal as broers saamgebind is. Die matrieks se tyd by die skool raak min en hulle het die graad 8’s geleer wat hul kon.
Dit is nou die graad 8’s se verantwoordelikheid om die maroen baadjie met trots te dra.

































