PRG vaar uitstekend by die 23ste Grey College Tennis Festival
Die eerste tennisspan van Paul Roos Gimnasium het die naweek uitstekend gevaar by die 23ste Grey College Tennis Festival deur die baie sterk span van Paarl Boishaai met 4–2 in die finaal te klop en sodoende die goue medaljes te verower!
Paul Roos het hul groepfase gewen en daarna in die semi-finaal met 4–0 teen Affies (Afrikaans Hoër Seunskool) afgereken. In die ander semi-finaal het Paarl Boishaai vir Grey College uitgeskakel om hul plek in die eindstryd te bespreek.
Die Paul Roos-span is verteenwoordig deur Luke Verwey, Tristan van der Merwe, Nicolas Lourens, Zach Jooste, Xander du Plessis, Dawid Fourie en Daneel Bester.
Paul Roos se uitslae oor die drie dae:
PRG klop Grey College: 5–2
PRG klop Kearsney College: 7–0
PRG klop Waterkloof: 7–0
PRG klop Affies (semi-finaal): 4–0
PRG klop Paarl Boishaai (finaal): 4–2
Finale posisies:
1. Paul Roos Gimnasium
2. Paarl Boishaai
3. Affies
4. Grey College
5. St Stithians
6. Waterkloof
7. Outeniqua Hoërskool
8. Kearsney College
Baie geluk aan al die tennismanne met hierdie uitstekende prestasie! Julle het Paul Roos se naam hoog gehou en met trots die goue medaljes huis toe gebring.






























