Algemene Nuus / General News

PRG wen die o.15 Nasionale Tennistoernooi

Paul Roos se o. 15-tennisspan het die 23ste o. 15 Nasionale Tennistoernooi by Groenkloof in Pretoria gewen!

Die Paul Roos-span, bestaande uit Alec Koch, Rocco Noades, Ruben Smit, Liyema Mancoba, Johan Maritz, Nathan Sloan en Johan Nel, het die sterk span van Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) 5 – 2 in die finaal geklop.

Die finale toernooi-uitslae was soos volg:
1. PRG
2. Affies
3. Grey College
4. Hoërskool Menlopark
5. Potch Gimnasium
6. Kearsney College
7. Helpmekaar Kollege
8. Hoërskool Waterkloof
9. Hoërskool Garsfontein
10. St. Benedict’s