ATKV-Redenaars en Debatsfinaal
ATKV-Redenaars Nasionale Finaal
Ons redenaars het op 4 Augustus geskiedenis gemaak deur vyf kategorieë tydens die nasionale finale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie te wen. Daar moet spesiale melding gemaak word van PRG wat in beide ‘n senior en junior kategorie ‘n beste taalgebruiker op nasionale vlak opgelewer het.
PRG het die volgende vyf kategorieë gewen:
- Graad 8-9 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid: MG Jooste
- Graad 8-9 Afrikaans Huistaal Voorbereid: MG Jooste
- Beste Taalgebruiker in Graad 8-9 Afrikaans Huistaal Voorbereid: MG Jooste
- Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid: Lian Winckler
- Beste Taalgebruiker in Graad 10-12 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid: Lian Winckler
Baie geluk met hierdie besonderse prestasies.
ATKV Nasionale Debatsfinaal
Baie geluk aan PRG se junior span: Francois du Plessis, Janos Versfeld en Franco le Roux met ’n derde plek in dié gesogte kompetisie!
Ons is ook baie trots op ons twee senior spanne wat onder die toptien in die land geëindig het. Hulle is Dieter de Kock, Paul du Plessis, Altus de Villiers en Damian de Lange. Hulle afrigter is Dylan Lee.
Om drie spanne in hierdie finaal te hê getuig van Paul Roos se ryke debattradisie.

































