ATKV-Redenaarskompetisie
Baie geluk aan Reuben de Wit, Dieter de Kock, Charl de Wet en Lian Winckler wat op 5 Augustus aan die nasionale finale ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie te Goudini Spa deelgeneem het.
Dieter de Kock het nasionaal die elfde plek in die Senior Onvoorbereide-kategorie vir HT-leerders behaal en Reuben de Wit het op sy beurt nasionaal die sewende plek in die Senior Onvoorbereide-kategorie vir EAT-leerders behaal.






























