Kultuur / Culture

ATKV-Redenaarskompetisie

Sewe Afrikaanse redenaars het op 15 Mei in die semifinale ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie meegeding. Al sewe het plekke onder die Wes-Kaapse toptien vir hulle onderskeie kategorieë behaal:

Retief Ferreira (gr. 8) – Junior HT Voorbereid: AGSTE PLEK
Christiaan Fouché (gr. 9) – Junior HT Onvoorbereid: DERDE PLEK
Charl de Wet (gr. 8) – Junior EAT Voorbereid: DERDE PLEK
Jacobus Steenkamp (gr. 11) – Senior HT Voorbereid: TIENDE PLEK
Ian Lubbe (gr. 11) – Senior HT Voorbereid: SESDE PLEK
Steffan Thielen (gr. 12) – Senior HT Voorbereid: TWEEDE PLEK
Reuben de Wit (gr. 11) – Senior EAT Onvoorbereid: EERSTE PLEK

Beide Steffan Thielen en Reuben de Wit het na die nasionale finale ronde wat op 12 en 13 Augustus by ATKV-Klein Kariba aangebied word, deurgedring. Baie geluk met hierdie uitstekende resultate!