ATKV-streeksuitdunne
Na afloop van die ATKV-streeksuitdunne te Hoërskool Durbanville dring vier van PRG se debatspanne deur na die semifinaal van die ATKV-debatskompetisie wat op 6-7 Junie te Hoërskool Stellenbosch plaasvind.
Die twee junior spanne bestaan onderskeidelik uit Lian Winckler, Paul du Plessis en Retief Ferreira, en Milan van Urk, Enré van Zyl en Xander van Niekerk.
Die twee senior spanne bestaan uit Altus de Villiers en Ian Lubbe, en Rossouw van Niekerk en Christiaan van der Merwe.
































