Interhuis Atletiekbyeenkoms
Paul Roos Gimnasium het na ‘n afwesigheid van twee jaar weer ‘n Interhuis Atletiekbyeenkoms by Markötter gehou.
Met die rasieleiers wat die seuns heeldag vermaak het en atletiek van hoogstaande gehalte, lyk Paul Roos Gimnasium reg vir die komende atletiekseisoen!
Murray het beide die Geesbeker sowel as die Atletiekbeker verower en die huiskaptein, Sian Maart, en sy troepe het met groot opwinding die trofeë vanaf mnr. Andre van Staden ontvang.
Zak Hickman (O15) ontvang die Junior Victor Ludorum na aanleiding van sy 902 punte vir hamergooi, 767 punte vir gewigstoot en 582 punte vir spiesgooi. Joshua Acker (O17) verwerf die Senior Victor Ludorum te danke aan sy merkwaardige 934 punte met gewigstoot en 783 punte vir diskusgooi. Joshua was in 2021 tweede op die wêreldranglys vir seuns O16 met 19.88m vir gewigstoot en lyk gereed om die jaar weer uitsonderlik te presteer.
Die volgende byeenkoms op die kalender is die Top Seuns byeenkoms op Vrydag 28 Januarie 2022 by HJS Paarl se Brugstraat-velde.