Interskole Debatkompetisie
Debatoefening het op 17 Februarie 2021 afgeskop. ATKV se voorbereide debatkompetisie is uitgestel vanaf Maart tot Mei. Dink-of-Sink (wat in Meimaand sou plaasvind) is aangepas na virtuele opnames. PRG het weens al hierdie hindernisse en vertragings besluit om inisiatief te neem en hul eie interne debatsliga saam met 12 ander skole te begin. Die entoesiasme en ondersteuning was oorweldigend. Bloemhof, Durbanville, Stellenbosch, Hoër Jongenskool, Hermanus en Stellenbosch kom almal deelneem aan PRG se informele onvoorbereide debatte by die skool. Hierdie byeenkomste sal maandeliks plaasvind en skop op 14 April 2021 af. Die finaal is in September. Daar is 17 juniorspanne en 15 seniorspanne wat deelneem – ‘n totaal van 96 leerders. Hierdie nuwe inisiatief gee ‘n meer moderne en relevante aanslag tot debat met PRG as ‘n innoveerder op die gebied.