Algemene Nuus / General News

Ons groet ‘n lojale ondersteuner

 

 

 

 

 

Pieter-Jan Bestbier (Foto: LinkedIn)

As die Paul Roos-familie betreur ons die heengaan van een van ons lojale oud-skoliere wat die skool op verskeie terreine gedien het. Pieter-Jan was ‘n leerder van die skool, ‘n ouer van die skool, ‘n beheerliggaamlid en voorsitter van die finansiële komitee, voorsitter van die Oud-Skolierevereniging en ‘n trustee van die PRG 150-Trust.

Pieter-Jan se finansiële kennis en sy vermoë om beleid en strukture te implementeer, was op vele terreine van onskatbare waarde vir die skool. Hy het sy kennis en vaardighede tot beskikking van die skool gestel. Sy passie vir sy alma mater word hoog geag.

Ons eer sy nagedagtenis en reuse bydrae.

Ons dink aan Jeanne-Marie en die kinders in die hartseertyd.