Paul Roos 1ste Tennisspan wen derde groot titel van die jaar
Paul Roos se 1ste O/19-tennisspan het 2021 onoorwonne afgesluit en hul derde groot titel van die jaar gewen deur die Grey Tennistoernooi in Bloemfontein te wen.
Die Paul Roosspan het Grey College in die finaal met 4 – 0 geklop.
Dit was die derde keer die jaar dat Paul Roos en Grey College mekaar in die finaal van ‘n tennistoernooi ontmoet het. Paul Roos was by die Zest Fruit Gerrie Berner toernooi in April en die Kearsney Tennis Festival in Mei ook aan die wenkant teen Grey College. Dit beteken dat die span van Paul Roos aldrie die groot titels vanjaar gewen het en die jaar onoorwonne afsluit.
Die volledige uitslae die naweek is as volg:
PRG wen Clifton Durban: 6 – 1
PRG wen Paarl Boishaai: 5 – 2
PRG wen Waterkloof: 7 – 0
PRG wen St.Stithians: 4 – 1 (Semi-finaal)
PRG wen Grey College: 4 – 0 (Finaal)
Die span het bestaan uit Ernst Gouws, Stephen Claassen, Johan van Wijk, Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Sebastiano Sola.
Die finale posisies van al die skole by die toernooi is as volg:
- Paul Roos
- Grey College
- St.Stithians
- Paarl Boishaai
- Waterkloof
- Affies
- KES (King Edward School)
- Clifton HS in Durban