Gholf / Golf

Paul Roos-gholfers naaswenners van die Sun City Kampioenskappe

Paul Roos Gimnasium se gholfspan was die naaswenners by die Sun City Kampioenskappe danksy puik rondtes van 73 elk deur Jack Brugman en Andries van der Vyver.

Die span het amper ‘n oornag agterstand van 15 houe uitgewis om met slegs 4 houe agter die wenners, St. Stithians van Johannesburg, te eindig. Hoër Jongenskool Paarl het in die derde plek geeïndig.

Andries van der Vyver het ‘n puik 4de plek en Jack Brugman ‘n gesamentlike 5de plek behaal.