Paul Roos is die wenners van die 20ste Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi
Die 1ste tennisspan van Paul Roos is die wenners van die 20ste Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi nadat die span vir Paarl Boishaai (HJS) 4 – 1 geklop het.
Die span bestaan uit Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Hanno Bouwer, Simeon Roothman, Sebastian Oosthuizen en Luke Verwey.
Paul Roos, wat die verdedigende kampioen was, het die toernooi vir die 15de keer hier op hul tuisbane gewen.
Die finale uitslag na die toernooi is as volg:
- Paul Roos
- Paarl Boishaai (HJS)
- Grey College
- Westville Boys High
- Affies
- Outeniqua HS
- St.Stithians
- Kearsney College
- Waterkloof
- Oakdale
- KES (King Edward School)
- Hermanus HS
Baie geluk, Paul Roos Tennis!