Sport

Paul Roos O/16 A Tennisspan verloor naelskraap by die PNB Rising Star toernooi

Van links na regs: Willem de Waal, Leonardo Sola, Echard de Kock, Jake Downie en Swannie Swanepoel (Afrigter)

PRG O/16 A-span het die naweek deelgeneem aan die finale rondtes van die PNB Rising Star tennistoernooi wat deur Tennis Suid-Afrika aan gebied is. Die PRG-span het die provinsiale toernooi in die Strand gewen en deurgedring na die eindrondtes in Pretoria waar al die provinsiale wenners was.

Die span het uit Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Echard de Kock bestaan.

Die span het hulle afdeling in Pretoria  gewen en daarna vir Grey College in die semi-finaal met 2-1 geklop, maar verloor egter ongelukkig naelskraap in die finaal teen St.Stithians 1 – 2. Paul Roos wen die dubbels teen Saints, maar verloor albei enkelwedstryde.

Baie geluk aan al die Tennisspelers.