Paul Roos O/16 A Tennisspan wen Provinsiale Rising Stars Toernooi
Die Paul Roos O/16 A-tennisspan was die naweek onoorwonne by die provinsiale afdeling van die PNB Rising Stars Tennistoernooi wat deur Tennis Suid-Afrika (TSA) aangebied is. Die span is as die algehele wenners van die Western Cape provinsiale afdeling gekroon.
Die toernooi is ‘n nuwe toernooi op die jaarlikse kalender en ‘n poging van Tennis Suid-Afrika (TSA) om die beste seuns en dogters O/16-span in die land te vind. Elke span bestaan slegs uit 4 spelers wat 2 enkels en 1 dubbels moet speel.
Die Paul Roos span het die sterk span van HJS Paarl (Boishaai) in die finaal met 2-1 gewen.
Die Paul Roos span het bestaan uit Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Echard de Kock. Leonardo en Willem het enkels gespeel terwyl Jake en Echard in die dubbelspel in aksie was.
Die PRG span het al hul wedstryde oortuigend gewen en hul uitslae is as volg:
PRG wen Bredasdorp: 3 – 0
PRG wen Drie Ankerbaai: 3 – 0
PRG wen Outeniqua B: 3 – 0
PRG wen HS Bellville: 3 – 0
PRG wen HJS Paarl (Boishaai): 2 – 1 (Finaal)
Die oorwinning van die Provinsiale afdeling verseker die Paul Roos span se deelname in die Nasionale Finaal in Pretoria in Oktober waar die span teen die ander provinsiale wenners sal deelneem.
Ons wens die span alles van die beste toe vir die Nasionale Finaal in Oktober.
Paul Roos O/16 wenspan met hul medaljes en trofee: Swannie Swanepoel (Afrigter), Willem de Waal, Jake Downie, Echard de Kock en Leonardo Sola.