Paul Roos Tennisspanne suksesvol op die tennisbaan
Die Paul Roos O/19-tennisspanne het die afgelope 2 naweke suksesvol aan twee tennistoernooie deelgeneem.
Eers was daar die Boland Landbou O/19 Tennisfees waar PRG se 1ste Tennisspan, asook ‘n PRG-uitnodigingsspan deelgeneem het. 14 skole het meedeging en albei PRG-spanne het die semi-finaal bereik. Die 1ste span het in die semi-finaal teen HS Durbanville gewen, terwyl die Uitnodigingsspan teen Paarl Boishaai (HJS) verloor het. Ongelukkig is die finaal tussen PRG en Boishaai, asook die uitspeel vir 3de en 4de plek tussen die PRG Uitnodigingsspan en Durbanville deur die reën gekanselleer en is die PRG 1ste span en Boishaai as die gesamentlike wenners aangewys.
Die afgelope naweek was die PRG 1ste Tennisspan weer in aksie in Bloemfontein by die Grey College Tennistoernooi. Agt van die beste tennisskole in Suid-Afrika het deelgeneem en PRG het in die finaal naelskraap teen Grey College verloor en sodoende die silwer medaljes verower. Die PRG-span het ‘n baie taai semi-finaal gehad en het die span van Paarl Boishaai (HJS) met 4 – 3 gewen, nadat hulle op ‘n stadium 1 – 3 agter was.
Die 1ste span wat deelgeneem het was Willem de Waal, Leonardo Sola, Echard de Kock, Pieter Kotze, Jake Downie, Divan Prinsloo en Xander Pienaar.
Die finale rangorde van die 8 spanne was is volg:
- Grey College
- Paul Roos Gimnasium
- Paarl Boishaai (HJS)
- HS Outeniqua
- St. Stithians
- Waterkloof
- Kearsney
- Affies
Baie geluk aan die PRG tennisspanne.