PRG 1ste Tennisspan tweede by Zest Fruit Gerrie Berner
Die 18de Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi, aangebied deur Paul Roos Gimnasium, het die naweek in Stellenbosch ten einde geloop. Die 1ste O/19 span van Paul Roos het ‘n spannende finaal naelskraap met 2 wedstryde teenoor 4 teen Grey College verloor. Dit was Grey College se eerste titel by die toernooi in 18 jaar. Paul Roos het die titel die vorige 5 jaar gewen.
Die naweek se tennis het ondangs ‘n swart suid-oostewind tennis van hoogstaande gehalte gelewer. Paul Roos het al sy wedstryde in die rondomtaliefase gewen en onder andere ook met die sterk span van Paarl Boishaai afgereken. In die semi-finaal het Paul Roos vir HS Outeniqua geklop.
Die span het bestaan uit Willem de Waal, Pieter Kotze, Leonardo Sola, Jake Downie, Echard de Kock, Divan Prinsloo en Xander Pienaar.
PRG se volledige uitslae is as volg:
PRG wen Paarl Boishaai: 4 – 3
PRG wen King Edward School (KES): 7 – 0
PRG wen St Stithians: 7 – 0
PRG wen Westville Boys High: 6 – 1
PRG wen Oakdale Landbou: 6 – 1
PRG wen HS Outeniqua: 4 – 0 (semi-finaal)
PRG verloor teen Grey College: 2 – 4 (finaal)
Die finale posisies na die toernooi was is volg:
- Grey College
- Paul Roos
- Outeniqua HS
- Westville Boys High
- Paarl Boishaai
- Waterkloof
- St. Stithians
- Affies
- Kearsney College
- Oakdale
- King Edward School (KES)
- Stellenbosch HS