PRG-atlete vuurwarm voor Prestige!
Verskeie PRG-atlete het by die HJS Paarl Uitnodigingsbyeenkoms gewys dat hulle gereed is vir die komende Prestige Atletiekbyeenkoms. Die Uitnodigingsbyeenkoms het skole van regoor die Wes-Kaap in aksie gehad met PRG-atlete wat kragte kon meet teen die atlete van HJS Paarl. Hoër Meisieskool Bloemhof se atlete kon hulleself toets het teen onder andere HMS Paarl. Hierdie spanne, tesame met Paarl Gimnasium, neem Dinsdag, 8 Februarie 2022, aan die jaarlikse Prestige Atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat deel.
Die hoogtepunt van die aand was die goeie vertonings deur die o/17-naellopers met Barthelemy Bena-Ntumba, Jonathan Essien en Elisha Miller wat onderskeidelik die 100m, 200m en 400m gewen het. Die drie atlete met Luc Mouton, as lid van die die o/17 aflosspan, het ook aflos gewen. Divan Lamprecht het die o/14 300m Hekkies gewen en Joshua Acker is weer aangewys as die beste veldatleet danksy sy o/17 gewigstoot- en diskusprestasies tydens die byeenkoms. Ander hoogtepunte was Mark Lester se eerste plek in die o/14 1500m, Jurenzo Julius in die o/19 verspring en Harrison Gibson met sy oorwinning in die seuns o/15 hoogspring. Verskeie ander seuns het hul plek met goeie vertonings in die Prestigespan verseker.