PRG Atletiek toekoms lyk Rooskleurig!
PRG Atlete het verskeie individuele pryse gewen by die jaarlikse Prestige Atletiekbyeenkoms in Dal Josaphat, Paarl.
Divan Lamprecht is gekroon as die beste junior baan atleet na sy u/15 100m hekkies oorwinning met Joshua Acker wat die titel van beste senior veld atleet en prestasie van die dag verower het met sy rekord u/17 gewigstoot poging. Handre Nel (u/17) is gekroon as die beste senior paalspring atleet en beste algehele paalspring atleet van die dag na ‘n persoonlike beste van 4.6m. Die u/14 BloemRoos atlete het hulle ouderdomsgroep gewen met die twee skole wat algehele derde eindig met ‘n totaal van 733 punte.