PRG by ATKV-redenaarskompetisie
Ons is baie trots op PRG-redenaars wat vanjaar een van die grootste spanne vir die jaarlikse ATKV-Redenaarskompetisie ingeskryf het. Die span het uit vyf junior redenaars (Graad 8 en 9) wat aan die Voorbereide Huistaalkategorie deelgeneem het, twee senior redenaars (Graad 10-12) wat aan die Voorbereide Eerste Addisionele Taal-kategorie deelgeneem het, vier senior redenaars wat aan die Voorbereide Huistaalkategorie (Graad 10-12) deelgeneem het en twee senior redenaars (Graad 10-12) wat aan die Onvoorbereide Huistaalkategorie deelgeneem het, bestaan.
Hierdie ervare span van 13 redenaars het op Woensdag, 20 April en Donderdag, 21 April met talle ander redenaars van regoor die Wes-Kaap in die streeksuitdunrondte meegeding en het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Dit was die eerste keer na die aanvang van die pandemie dat hierdie leerders weer die geleleentheid gegun is om voor ‘n gehoor op te tree en die PRG-span het die geleentheid met selfvertroue aangegryp. Ons wag met groot opgewondenheid om te sien hoe hierdie groep jong leiers gevaar het.
Die volgende PRG-redenaars het deelgeneem:
Dieter de Kock (8A2) HT Voorbereid
Jacobus Steenkamp (9A5) HT Voorbereid
Benjamin Schoeman (8A2) HT Voorbereid
Stef de Villiers (8A2) HT Voorbereid
Sebastian Pentz (9A6) HT Voorbereid
Waldo van Zyl (10E4) EAT Voorbereid
Xavier Strydom (10E3) EAT Voorbereid
Pellatt Smith (12A5) HT Voorbereid
Willem Visagie (11A2) HT Voorbereid
Matthew Hagemeier (11A5) HT Voorbereid
Louw Smit (10A5) HT Voorbereid
Jo van Rooyen (11A3) HT Onvoorbereid
Steffan Thielen (10A5) HT Onvoorbereid