Kultuur / Culture

PRG Forum se redenaars behaal almal A+ vermeldings by die Oppie Tong Af redenaarskompetisie

PRG Forum se redenaars behaal almal A+ vermeldings by die Oppie Tong Af redenaarskompetisie

Afrikaanse redenaarspan. Links-agter: Nicholas Nieman, Jo van Rooyen, Pellatt Smith, Steffan Thielen,  Sebastian Pentz. Links-voor: Leigh-Rae Luitjies,  Willem Visagie

Paul Roos Gimnasium leerders het deelgeneem aan die jaarlikse Oppie Tong Af Redenaarskompetisie waar Pellat Smith, Willem Visagie, Steffan Thielen en Sebastian Pentz almal bo 90% behaal het. Jo van Rooyen, Leigh-Rae Luitjies en Nicholas Nieman spog almal met A+ vermeldings (bo 85%). In die Engelse kategorie het leerders Daniël van Heerden, Frans Hoffmann, Nokilaj van Rensburg, William Louw en Niel Smit almal tussen 84% en 88% behaal, terwyl Jack Vlismas met 94% spog. Paul Roos is trots op die lede van PRG-Forum. Dit is hier waar vaardighede in die praatkunste geslyp word.