PRG Interskoledebat
Die derde sessie van die PRG Interskoledebat het op 11 Mei 2022 by Paul Roos Gimnasium plaasgevind. Hierdie interskole debatkompetisie is ‘n Paul Roos inisiatief en betrek leerders met ‘n gawe in die praatkunste van Stellenbosch, Paarl, Durbanville en Bellville.
Vyf-en-sewentig leerders van Hoërskool Stellenbosch, Hoërskool Parel Vallei, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool DF Malan en Paul Roos Gimnasium het aan die derde sessie deelgeneem. Die leerders het gedebateer oor kwessies rondom sosiale media, “influencers” en vryheid van spraak.
Die eerste sessie het op 16 Februarie plaasgevind, waar 84 deelnemers van Hoërskool DF Malan, Hoër Meisieskool Bloemhof, Parel Vallei, Durbanville Hoërskool, Stellenberg Hoërskool en Paarl Roos Gimnasium deelgeneem het. Uitgangspunte rondom ouerskap en tersiêre opvoeding is tydens die debatsliga ondersoek.
PRG se tweede sessie het op 13 April plaasgevind. Weer het altesaam 96 sprekers van kompeterende skole Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoërskool DF Malan, Durbanville Hoërskool, Stellenberg Hoërskool, Hoër Jongenskool Paarl en Stellenbosch Hoërskool aan die onvoorbereide debatte kom deelneem. Debatte aangaande die waarde van skoolsport en die bemarking van gemorskos is tydens die sessie ondersoek.
Paul Roos se eerste senior en juniorspanne is na drie rondes nog onoorwonne. Ons glo dat hulle op dié goeie vertoning kan voortbou in die derde kwartaal, wanneer die debatsliga voortgesit word.
PRG betoon sy opregte dank aan ENSafrika – die trotse borg van PRG Forum – Paul Roos se platform vir leerders met ‘n passie vir die praatkuns.
#paulroos #prgdebat #prgforum #prginterskoledebatsliga #ENSafrica