PRG O/15-Tennisspan doen goed by Nasionale Tennistoernooi in Pretoria
Die O/15 tennisspan van Paul Roos was die afgelope naweek in aksie by die O/15 Nasionale Tennistoernooi in Pretoria. Die span het uitstekend gevaar om die finaal te bereik, maar moes ongelukkig die knie buig voor Grey College.
Die span is deur Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Christiaan Cronje, Tristan Damseaux, Divan Prinsloo en Milan Strydom verteenwoordig.
Vanjaar is daar 14 skole van regoor Suider-Afrika na die toernooi genooi. Paul Roos het al hul wedstryde in die rondomtalie afdeling oortuigend gewen en is as 2de gekeurdes deur na die uitklopfase van die toernooi.
In die kwart-finaal wen Paul Roos vir Curro Windhoek en in die semi-finaal klop hulle die baie sterk span van Waterkloof.
In die finaal was die 1ste gekeurde Grey College ongelukkig te sterk vir die manne van Stellenbosch. Baie lesse is geleer en waardevolle ondervinding is in die proses opgedoen.
Die uitslae van Paul Roos oor die naweek is as volg:
Paul Roos wen Pretoria Boys High: 7 – 0
Paul Roos wen KES (King Edward School): 7 – 0
Paul Roos wen Bethlehem Voortrekker: 7 – 0
Paul Roos wen Curro Windhoek: 5 – 1 (Kwart finaal)
Paul Roos wen Waterkloof: 5 – 2 (Semi finaal)
Paul Roos verloor teen Grey College: 0 – 4 (Finaal)
Na afloop van die toernooi is die finale posisies van die skole as volg:
- Grey College
- Paul Roos
- Waterkloof
- Affies
- Windhoek Curro
- Kearsney College
- Menlopark
- Garsfontein
- Pretoria Invitational
- KES
- St. Benedicts
- Pretoria Boys High
- Bethlehem Voortrekker
- Helpmekaar
Baie geluk aan hierdie Paul Roos spelers met die pragtige vertoning. Julle het die Maroen Machine met trots verteenwoordig.