Sport

PRG O/15-Tennisspan wen die nasionale toernooi in Pretoria

Links na regs: Swannie Swanepoel (Afrigter), Charl Henning, Xander Pienaar, Willem de Waal, Pieter Kotze, Sebastian Oosthuizen, Herman Roux en Hanno Bouwer

Die O/15 – tennisspan van Paul Roos was die afgelope naweek op hul beste en het die O/15- Nasionale Tennistoernooi in Pretoria oortuigend gewen deur Grey College in die finaal met 5 wedstryde teenoor 1 te klop. Die toernooi is vanjaar aangebied deur Pretoria Boys High en is op die bane van Boys High en Affies gespeel.

Die Paul Roos wenspan  is deur Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Sebastian Oosthuizen, Charl Henning, Hanno Bouwer en Herman Roux verteenwoordig.

Die skole wat deelgeneem het was: Paul Roos Gimnasium, Grey College, Kearsney College, Pretoria Boys High, Waterkloof, Affies A en B, St Benedicts, Menlo Park en KES

Die 10 skole was in twee groepe opgedeel en ‘n rondomtalietoernooi het tussen die skole in elke groep plaasgevind.  Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel ten einde die wenner te bepaal.

Die PRG-seuns het al hul wedstryde in die groepfase oortuigend gewen en het in die semi-finaal met die span van Kearsney College met 5 wedstryde teenoor 0 afereken. Kearsney het verras om die semi-finaal te haal deur meer punte as Waterkloof in die ander groep te behaal. In die finaal het die Paul Roosers hul goeie spel van die naweek voortgesit en het die span van Grey College oortuigend met 5 wedstryde teenoor 1 geklop en is as die wenners van die gesogte titel aangewys.

Die uitslae van die Paul Roos span is as volg gedurende die toernooi:

PRG wen Menlo Park: 9 – 0
PRG wen Affies: 8 – 1
PRG wen KES: 9 – 0
PRG wen St.Benedicts: 9 – 0
PRG wen Kearsney College: 5 – 0 (semi-finaal)
PRG wen Grey College: 5 – 1 (finaal)

Baie geluk aan hierdie Paul Roosspelers met die prestasie.