PRG o/15-tennisspanne wen Maretha Burger Gemengde Tennistoernooi
Paul Roos se o. 15-tennisspanne het skoonskip gemaak by die naweek se tiende Maretha Burger Genengde Tennistoernooi, wat deur HS Stellenbosch aangebied is, en eerste en tweede geëindig.
Die PRG-spanne het onderskeidelik saam met Rhenish Girls’ High en Hoër Meisieskool Bloemhof deelgeneem en hul onderskeie groepe gewen om teen mekaar in die finaal te speel.
Paul Roos/Rhenish was te sterk vir Paul Roos/Bloemhof en die o. 15 seuns het eerste en tweede gekom.
Die graad 9-spelers saam met Rhenish was Luke Verwey, Nicolas Lourens en Zach Jooste. Luke is ook as die beste seunspeler aangewys.
Die graad 8-spelers saam met Bloemhof was Dawid Fourie, Tristan van der Merwe en Christian Oberhofer.
Die finale uitslae is soos volg:
1.Paul Roos Gimnasium/Rhenish Girls’ High School
2.Paul Roos Gimnasium/Hoër Meisieskool Bloemhof
3.Hoër Jongenskool Paarl A/Hoër Meisieskool Paarl A
4.Hugenote Hoërskool
5.Paarl Gimnasium
6.Hoërskool Durbanville
7.Hoërskool Bellville
8.Hoërskool Stellenbosch
9.Boland Landbouskool/La Rochelle Girls’ High School
10.Hoër Jongenskool Paarl B/Hoër Meisieskool Paarl B
Welgedaan, PRG-tennis.