PRG krieketuitslae op 28 Feb 2023
‘n Hoogtepunt vir PRG-sport oor die afgelope week is PRG se krieketuitslae na afloop van hul wedstryde teen GreyBloem, Paarl Gimnasium, Durbanville en Strand Hoërskool.
Paul Roos se o19-, o15- en o14-spanne het aan 21 wedstryde deelgeneem waarvan hulle met ‘n trotse 14 (67%) van die wedstryde skoonskip gemaak het.
Trotse oomblikke was toe Paul Roos se o19A-span GreyBloem met 50 boulbeurte en 99 lopies én Paarl Gimnasium met 50 boulbeurte en 7 paaltjies geklop het. Paul Roos se o15A-span het GreyBloem met 1 paaltjie gewen en hul o14A-span met 9 paaltjies.