PRG-swemspan wen die Frank Myburgh Twilight Gala
Die PRG-swemspan het vir die vyfde agtereenvolgende jaar die Frank Myburgh Twilight Gala in Malmesbury gewen!
Baie geluk aan Hein VerLoren Van Themaat, Tristan van Rensburg, André Loots en die o. 13-aflosspan wat die rekords laat spat het. Die rekord wat Hein gebreek het, is in 2014 opgestel.
Wat ‘n merkwaardige prestasie!































