Resultate: ATKV-redenaars
PRG het vanjaar een van sy grootste redenaarsspanne vir die Nasionale ATKV-Redenaarskompetisie ingeskryf met 12 redenaars wat reeds vroeg in die eerste kwartaal aan hul toesprake begin skaaf het. Die toesprake moes vanjaar teen 16 Mei vir die enigste rondte ingestuur word aangesien Covid-19 ‘n regstreekse finaal onmoontlik gemaak het.
Die ATKV-Redenaarskompetisie is een van die ATKV se oudste kompetisies. Hierdie kompetisie bied ‘n platform vir honderde graad 1-12 leerders om oorredende toesprake te skryf en hul slag te wys. Deelnemers moes hul eie toesprake voorberei en mag nie gepubliseerde artikels woordeliks aangehaal het nie.
PRG het vanjaar aan al vier Hoërskoolkategorieë deelgeneem, naamlik: Junior Huistaal (Graad 8-9), Senior Huistaal (Graad 10-12), Junior Eerste Addisionele Taal (Graad 8-9) en Senior Eerste Addisionele Taal (Graad 10-12). Ons het uitstekend gevaar en 4 PRG-redenaars het die Wes-Kaap se top tien in hul onderskeie kategorieë gehaal. Pellatt Smith het die vierde plek in die Senior Huistaal-kategorie in die Wes-Kaap behaal. Steffan Thielen en Louw Smit het onderskeidelik die sewende en agste plek in die Junior Huistaal-kategorie in die Wes-Kaap behaal. Laastens, het Xavier Strydom die eerste plek in die Junior Eerste Addisionele Taal-kategorie in die Wes-Kaap behaal en het ook landswyd die agste plek in hierdie kategorie behaal.
Sien pdf vir die volledige uitslae.