Stellenbosch Kunswedstryduitslae
Die PRG Sanggroep het op Saterdag 17 Mei ‘n cum laude (90%+) vir hulle konsertprogram ontvang. Dit was een van die hoogste punte wat in die koor/ensemble-kategorie toegeken is.
Die PRG Senior Band het ook op Saterdag 17 Mei ‘n cum laude (90%+) ontvang. Met hulle wonderlike “stage presence” en ongelooflike spel, het die gehoor gevra vir meer items!
Baie geluk aan hierdie twee groepe. Sterkte aan die res van die ensembles wat hierdie week nog aan die Stellenbosch Eisteddfod deelneem.































