Tennis – 2025 Interpro
Baie geluk aan Tristan van der Merwe, Dawid Fourie, Nicholas Fillis en Zachary Parsadh wat deel van die Western Cape Cavaliers o.15- en o.19 Interpro-spanne was wat die afgelope naweek aan die 2025 Interpro in Pretoria deelgeneem het.
PRG se o. 15-spelers, Tristan, Dawid en Nicholas, was deel van die wenspan wat in die finaal teen Gauteng Central gewen het.
Tristan het geen wedstryd verloor nie en het vir hom ‘n plek in die SA o. 15-skolespan losgespeel.
Zachary se o. 19-span het die derde plek in die toernooi behaal.
Baie geluk aan hierdie PRG-seuns wat die jaar op so ‘n hoogtepunt begin het!