Algemene Nuus / General News

Tennis – Cape Town Mini 5

Die Paul Roos-tennisspelers het baie goed gevaar by die naweek se Cape Town Mini 5 wat deur Tennis Suid-Afrika aangebied is.

Zach Jooste wen die seuns o. 16-enkelspel en Rocco Noades wen die seuns o.14-enkelspel.

Rocco het ook die o. 14-dubbelspeltitel gewen terwyl Zach in die finaal van die o. 16-dubbels verloor het.

Ander spelers wat goed gevaar het, is:

Charl Henning: Mans Ope: 4de
Nicholas Lourens: Mans Ope: 5de
Daneel Bester: o. 16-seuns: 7de
Dawid-Wiese Viljoen: o. 16-seuns: 9de
Ruben Smit: o. 14-seuns: 2de

Liyema Mancoba: o. 14-seuns: 4de