Uitslae 2025 SA Nasionale Moderne Vyfkamp Kampioenskappe
Uitslae van die 2025 SA Nasionale Moderne Vyfkamp Kampioenskappe in skerm, swem, hindernisbaan en gekombineerde laserpistoolskiet en hardloop wat gehou is in Johannesburg:
Seuns onder 15
Christiaan de Waard verwerf die goue medalje met ‘n groot totaal van 1335 punte.
Christiaan kwalifiseer om die onder 15 SA nasionale span te verteenwoordig by die wereld onder 15 Moderne Vyfkamp Kampioenskappe van 13 tot 17 Augustus 2025 in Egipte.
Seuns onder 17
Hunter Krynauw eindig 7 de met ‘n groot totaal van 1183 punte.
Hunter kwalifiseer om die onder 17 SA nasionale span te verteenwoordig by die wereld onder 17 Moderne Vyfkamp Kampioenskappe van 7 tot 13 Julie 2025 in Johanesburg ,RSA.
Seuns onder 19
Alexander Southwood eindig 5 de met ‘n groot totaal van 1105 punte.






























