Uitslae Boland Landbou Tennisfees
Baie geluk aan Paul Roos se eerste tennisspan wat hul titel suksesvol verdedig het by die Boland Landbou Tennisfees in die Paarl nadat hulle Paarl Boishaai (HJS) 16-9 in die finaal geklop het.
Die PRG-span het bestaan uit: Hanno Bouwer, Simeon Roothman, Sebastian Oosthuizen, Luke Verwey, Nicolas Lourens, Tristan van der Merwe, Zach Jooste en Liam Badenhorst.
Die volledige uitslae is soos volg:
PRG wen Charlie Hofmeyr: 24 – 0
PRG wen Paarl Gimnasium: 24 – 2
PRG wen Hoërskool Durbanville: 24 – 0
PRG wen Pearson: 22 – 4
PRG wen Hoërskool Stellenbosch: 24 – 0
PRG wen Paarl Boishaal (HJS): 16 – 9 (Finaal)






























