Uitslae Durbie-debatliga
Vier PRG-debatspanne het op 5 Maart aan die eerste kompetisie van die Durbie-debatliga by Hoërskool Durbanville deelgeneem en uitstekend gevaar.
‘n Junior span (Lian Winckler, Paul du Plessis en Retief Ferreira) en senior span het na die finaal deurgedring. Die senior span (Christiaan van der Merwe, Rossouw van Niekerk en Ian Lubbe) het as kampioene uit die debatstryd getree en Christiaan is ook as beste senior spreker aangewys. Geluk aan Lian Winckler wat die beste junior spreker was.