Algemene Nuus / General News

Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi 2024

Die eerste tennisspan van Paul Roos is weer die kampioen van die Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi. Die span het die toernooi wat die 19de keer deur PRG hier op Stellenbosch aangebied word vir die 14de keer gewen.

Die span, bestaande uit Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Divan Prinsloo, Hanno Bouwer, Sebastian Oosthuizen en Simeon Roothman, het Westville Boys’ High School 5 – 2 in die finaal geklop.

Die finale uitslag na die toernooi was:

1. Paul Roos Gimnasium
2. ⁠Westville Boys’ High
3. ⁠Paarl Boishaai
4. ⁠Grey College
5. ⁠Waterkloof
6. ⁠Outeniqua
7. ⁠St Stithians
8. ⁠Affies
9. ⁠Kearsney College
10. ⁠Oakdale
11. ⁠King Edward School
12. ⁠Hoërskool Stellenbosch

Baie baie geluk, PRG-tennis!