Zest Fruit Gerrie Berner-tennistoernooi
Die 18de Zest Fruit Gerrie Berner-week het vandag afgeslaan met die amptelike pet-oorhandiging deur die rektor, Mnr André van Staden, aan die eerste tennisspan van Paul Roos.
Twaalf skole van regoor Suid-Afrika sal vanaf Donderdag sake uitspook vir die gesogte trofee.
Ná ‘n gepaste boodskap van die rektor is die pette oorhandig en is die oggend met die Steers-ete afgesluit.
Alle voorspoed, Paul Roos Tennis!