Graad 11-leerder Hermanus Schmidt wen die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie
Graad 11-leerder Hermanus Schmidt het die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie gewen – een van Suid-Afrika se mees gesogte kompetisies vir jong klassieke musici onder 20 jaar. Sy oorwinning getuig van uitsonderlike talent, toewyding en tegniese vernuf.
Dié merkwaardige prestasie volg op sy Johann Vos Musiekkompetisie-oorwinning, en versterk verder Paul Roos Gimnasium se reputasie as ’n sentrum vir uitnemende musikale talent.






























