Paul Roos Gimnasium en Grey High hervat ‘n 20-jaar tradisie op ‘n hoë noot
Dit was met groot opgewondenheid waarmee meer as 600 Paul Roosers weer die pad na Gqeberha aangedurf het om Grey High vir die jaarlikse Paul Roos Gimnasium vs Grey High Derby, 7 – 9 April 2022, te besoek.
Die tradisie leef al vir 20 jaar voort en die twee skole het laas in 2019 meegeding as gevolg van die pandemie.
Die Interskole-derby het nie net op die tradisionele sportkodes gefokus nie, maar ook kultuuraktiwiteite soos skaak, debat en selfs e-Sport ingesluit.
Paul Roos Gimnasium het uitstekend gevaar en die volgende uitslae is behaal.
Golf: Al drie golfspanne wen hul wedstryde.
Tennis: PRG wen al 18 wedstryde insluitend dubbel- en enkelspelwedstryde.
Bergfiets: PRG wen met 124 – 96 punte.
Muurbal: PRG verloor.
Landloop 7km-wedloop en aflosse: PRG wen.
Skaak: PRG wen 7-0. Die skaakspankaptein, Alex van der Merwe, is onlangs as die beste o/18-skaakspeler in Suid-Afrika aangewys.
Debat: PRG wen en twee PRG-leerders, Nikolaj van Rensburg en William Louw is as die beste sprekers aangeys.
E-Sport wen al drie CS:GO en Rocket League wedstryde en verloor teen Grey High se League of Legends-span.
Paul Roos se sokkerspan het saam na Port Elizabeth getoer waar hul teen Victoria Park High deelgeneem het. Uitslae was as volg: o/14A verloor 2 – 5, o/15A gelykop 0 – 0, o/17A wen 1 – 0 en o/19A wen 3 – 1.
PRG-hokkie het Donderdag 7 April teen Pearson High School deelgeneem waarvan twee wedstrdyde gewen is en die eerstespan ‘n gelykoptelling van 3-3 behaal het. Teen Grey High het PRG 5 wedstryde gewen, 3 gelykop gespeel, ingesluit die eerstespan met 1-1 en 3 wedstryde verloor .
Die Rugbyspanne het besonders gevaar en al 15 wedstryde teen Grey High gewen. Die tellings is as volg: o/14-spanne wen al vier wedstryde ingesluit die o/14A-span met 7-6, o/15-spanne wen al drie wedstryde en die A-span wen 31-0, o/16-spanne wen al drie wedstryde en die A-span wen 26-0.
Die o/19-rugbyspanne het al vyf wedstryde met die volgende tellings gewen: 19A wen 30-14, 19B wen 21-20, 19C wen 20-13, 19D wen 29-0, 19E wen 31-0
Na afloop van die naweek het die skool die volgende epos van ‘n Paul Roos-ouer ontvang;
“Die orde, dissipline en respek van die leerders het my vroeg Sondagoggend opgeval toe hulle by die skool arriveer het. Natuurlik was die kinders moeg, maar hulle kon deur ‘n ring getrek word, netjies in hulle `stepouts’ geklee. Ek het verskeie leerders gesien wat pertinent vir hul busbestuurders gaan bedank het. Dit is die klein goedjies wat groot respek inboesem.”
Paul Roos Gimnasium bedank elke leerder, ouer, afrigter en personeellid vir hul waardevole bydrae tot die sukses van die toer en uitleef van die Paul Roos-waardes.
Sien pdf vir die volledige uitslae.
PRG Assembly – 12 April 2022 (PRG vs Grey High Results)
Fotokrediet: Hendré Schoeman