Athletics HJS Top Boys 2026
Vrydag, 6 Februarie 2026 het Paul Roos weer aan die jaarlikse HJS Top Boys byeenkoms in die Paarl deelgeneem. Dit is ’n geleentheid waarheen ons elke jaar uitsien, aangesien dit ’n goeie platform bied vir ons atlete om hulself in ’n mededingende omgewing te toets.
Die atmosfeer was aangenaam en die kompetisie het gesorg vir goeie aksie op beide die baan en veld. Paul Roos het uiteindelik ’n 4de plek behaal in die algemene puntestand teen van die provinsie se sterkste skole.





























