Athletics PRG Games 2025
Paul Roos Gimnasium het op 23 September 2025 sy heel eerste PRG-Spele aangebied en dit was ’n groot sukses. Die velde was gevul met opgewondenheid, skoolgees en gesonde mededinging terwyl ons leerders met entoesiasme deelgeneem het deur die dag. Anders as die tradisionele Interhuisbyeenkoms aan die begin van die jaar het hierdie nuwe geleentheid klasse teen mekaar laat meeding in plaas van die skool se kleur huise, wat ’n dinamiese atmosfeer van spanwerk en vriendelike mededinging binne elke graad geskep het.
As the first event and official launch of our athletics season, the PRG Games set the tone for the months ahead. It gave our athletes and learners the perfect opportunity to prepare, reconnect and build momentum as we head into the new season. We believe this exciting initiative will become a proud new tradition at Paul Roos Gymnasium.
Congratulations to the winning classes of 2025.
Grade winners / Graadwenners:
Grade 8 – tie between 8E1 & 8A1 (57 points)
Grade 9 – 9E2 (64 points)
Grade 10 – 10E2 (49 points)
Grade 11 – 11A5 (53 points)
Overall top 5 classes for the day / Algehele top 5 klasse vir die dag:
- 9E2 (64 points)
- 8E1 (57 points)
- 8A1 (57 points)
- 9A5 (55.5 points)
- 11A5 (53 points)
Baie geluk aan al ons seuns vir hulle uitstekende deelname en energie deur die dag. Dankie aan die personeel en organiseerders wat die geleentheid moontlik gemaak het en aan die leerders wat die gees van die PRG-Spele omhels het. Ons sien uit daarna om hierdie energie saam te neem in die atletiekseisoen en selfs meer sukses en entoesiasme tydens volgende jaar se byeenkoms te beleef.































