Algemene Nuus / General News

Geluk aan PRG o. 15-tennisspelers

Baie geluk aan Paul Roos Gimnasium se o. 15-tennisspelers wat die naweek aan die 12de Maretha Burger Gemengde Tennistoernooi by Hoërskool Stellenbosch deelgeneem het.

Die o. 15A-span, Rocco Noades, Ruben Smit en Liyema Mancoba, het saam met Rhenish Girls’ High School deelgeneem en die toernooi gewen.

Hierdie span het PRG se o. 15B-span, Nathan Sloan, Johan Nel en Andre Nel, wat saam met Hoër Meisieskool Bloemhof deelgeneem het, in die finaal geklop.

Rocco Noades is as die beste nommer 1-speler, Johan Nel as die beste nommer 2-speler en Liyema Mancoba as die beste nommer 3-speler aangewys.

Baie geluk, Paul Roos-tennis!